Jennifer Zamudio © Kopiereg Voorbehou 2006 - 2010 Opgedateer: 20 Julie 2010
CENTURION TEATER
welkom by www.jenniferzamudio.co.za Teken in op my nuusbrief!
" 'n Dekade van Musiek
" NUUTSTE VRYSTELLING!
Jennifer Zamudio was al bestempel as een van die "mees stylvolste" vroulike kunstenaars en ook "die vrou met die ontwerperstem"! En wie kan ook haar "pers hare" in die vroeë jaar 2000 vergeet? Of dit nou op die verhoog, op haar albums of selfs sommer net in haar alledaagse doen en late is ... Jennifer Zamudio se energie is aanvoelbaar én aansteeklik. Ja, waar dié gewilde Afrikaanse donkerkop sangeres met die Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), haarself bevind, is ‘n gróót partytjie gewoonlik kort op haar hakke. Met haar veelsydige alt stem en natuurlike verhoogspersoonlikheid, kry Jennifer ‘n gehoor vinnig op hulle voete. Jennifer is veral bekend vir haar cd’s Hart se loper , Hoor Hoor en Hier’s my hart . Sy is al die afgelope TIEN jaar ‘n bekende in die musiekbedryf.
Jennifer het gehore veral van haar laat kennis neem met haar vorige cd, Hoor Hoor
, toe sy mens laat hoendervel uitslaan het met háár weergawe van Gé Korsten se treffer Liefling
. Voorwaar ‘n eerste vir ‘n vroulike kunstenaar en sy staan beslis nie ‘n tree terug vir haar manlike eweknieë nie. Jennifer het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder. Dit is dus duidelik waarom Jennifer Zamudio as een van ons land se voorste Afrikaanse vermaaklikheids sterre bestempel word. Daar was 'n probleem met hierdie funksie, MAAR dit is reggestel en JA, dit is veilig om dit te gebruik! Jammer vir die ongerief! |