Hoor Hoor JLZCD002 - 2006

Hart se loper JLZCD001 - 2005

Volle name: Jennifer Leonie
Van: Zamudio (Spaans - foneties:ZA-MOE-DIE-HOU)
Verhoognaam: Jennifer Zamudio
Huwelikstatus: Ongetroud
Verjaarsdag: 15 Januarie (Steenbok)
Geboortedorp: Gansbaai
Grootworddorp: Velddrif aan die Weskus
Matrikuleer: Hoërskool Swartland
Tans woonagtig: Pretoria

Wie is ek?

Gunstelinge

Kos: Seekos & Pasta
Drankie: Jack Daniels / Goeie Rooiwyn
Troeteldier: Worshond, Tinky-Winky / Labrador, Charlie
Fliek: Mr & Mrs Smith
Akteur: Ben Affleck
Aktrise: Angelina Jolie
Sanger: Patrizio Buanne
Sangeres: Celine Dion
Groep: Westlife
Kleure: My gemoed bepaal dit
Klere: Jeans
Tydverdryf: My Rekenaar
Vakansieplek: Die Weskus & Namibië

Jennifer se Mottos's

"If you put your mind to it -  you can achieve anything!"
"If you don't stand for something - you'll fall for anything"
"Success is not a destination - It's a journey!' (Mike Lipkin)
"Don't compromise yourself - you are all you've got!" (Janis Joplin)

Die lewe is 'n liedjie JLZCD003 - 2011

ALBUMS (BESKIKBAAR in die mark)

PERSVERKLARING (ALGEMEEN)

PERSOONLIK

Jennifer Zamudio was al bestempel as een van die "mees stylvolste" vroulike kunstenaars en ook "die vrou met die ontwerperstem"! En wie kan ook haar "pers hare" in die vroeë jaar 2000 vergeet? Of dit nou op die verhoog, op haar albums of selfs sommer net in haar alledaagse doen en late is ... Jennifer Zamudio se energie is aanvoelbaar én aansteeklik.
Ja, waar dié gewilde Afrikaanse donkerkop sangeres met die Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), haarself bevind, is ‘n gróót partytjie gewoonlik kort op haar hakke. Met haar veelsydige alt stem en natuurlike verhoogspersoonlikheid, kry Jennifer ‘n gehoor vinnig op hulle voete. Jennifer is al die afgelope 10 jaar ‘n bekende in die musiekbedryf en is veral bekend vir haar cd’s Hart se loper, Hoor Hoor en Hier’s my hart.
Jennifer se eerste nuwe cd in drie jaar en ook haar agtste het onlangs die lig gesien, die cd getiteld "Die lewe is ‘n liedjie" bestaan uit 15 snitte, waarvan sewe daarvan weer uit haar eie pen kom.

Van Jennifer se mees onlangse hoogtepunte sluit in:

Jennifer het in 2010 haar 10jaar in die Suid Afrikaanse Musiekbedryf gevier. Ter viering hiervan is daar ‘n 10 jaar dubbel kompilasie cd uitgereik, met 40 van Jennifer se gunsteling liedjies – Jennifer Zamudio - ‘n Dekade van Musiek.

Sommer vroeg in 2011 word Jennifer vir die vyfde keer deur die Kyknet program Fiesta gevra om weer as Gasaanbieder vir hulle op te tree by die Naboomspruit Windpompfees.
In Julie 2011 stig sy weer haar eie musiekvaandel, Zamudio Musiek, en reik sy weer as onafhanklike kunstenaar haar eerste nuwe cd getiteld "Die lewe is ‘n liedjie" in drie jaar uit. Die cd word reeds deur die musiekkenners gereken as Jennifer se beste werk tot dusver. Die alombekende musiekpromotor, Lydia Winchester, klim ook aan boord van die produk as media skakelbeampte. Lydia en Jennifer werk as sedert 2000 saam, toe Lydia vir Jennifer ontdek het tydens daardie jaar se KKNK (en die res is geskiedenis).

Die nuwe cd was nog skaars op die winkelrakke, toe die gewilde SABC2 televisie program Pasella, haar nader om ‘n insetsel oor haar te doen. Snitte vanaf die cd word op menige radio stasies se speellyste gelaai en die lied "Ek sal berge klim vir jou" geniet tans hoe rotasie op RSG.
Verder val daar weer ‘n groot eer Jennifer te beurt, toe haar liedjie "Ek sal berge klim vir jou" vanaf haar nuutse cd "Die lewe is ‘n liedjie" ingeskryf word as Suid Afrika se verteenwoordiger by die "Global Song Contest 2011". Die kompetisie word deur Eurovision aangebied. Daar is ‘n totaal van 150 lande wat deelneem aan die gesogte kompetisie. Die goeie nuus is dat Suid Afrika reeds in die finale rondte is en die Top 20 gehaal het. Die kompetisie loop teen einde Januarie 2012 ten einde.

Die ou jaar eindig vir Jennifer op ‘n hoe noot met artikels in die gewilde gesinstydskrifte Rooi Rose en Huisgenoot.

Die nuwe jaar kon nie vir Jennifer beter begin het nie, en vroeg in Januarie het sy die nuwe cd se eerste musiekvideo van die gewilde liedjie "Ek sal berge klim vir jou" geskiet. Blixem Produksies het aan stuur gestaan hiervan en dit was verfilm in die uiters moderne Atterbury Teater in Pretoria. Die video word in Januarie ook eksklusief vir die eerste keer vertoon op die Kyknet Afrikaanse musiekprogram DKNT, waar Jennifer ook die gas op die program sal wees. Jennifer verskyn ook in Februarie op Kyknet se Jukebox.

Jennifer het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder. Dit is dus duidelik waarom Jennifer Zamudio as een van ons land se voorste Afrikaanse vermaaklikheids sterre bestempel word.

aaaaaaaaaaaaiii